In die akademiese omgewing skryf ons graag oor die akademiese referate, artikels en hoofstukke in boeke wat die personeel van die Skool publiseer. Maar die ekonome leef nie net op die gange van die EW nie en wanneer hulle kans kry om af te vat, skryf hulle ook daaroor. Ons is besonder trots op ‘n paar nie-geakkrediteerde publikasies wat onlangs verskyn het.
Mej Antionette van Niekerk was Desembermaand met vakansie in die Oos-Vrystaat en Lesotho en sy het ‘n berig oor die road trip in die geel Volksie geskryf vir die Go. Sien die reader’s story in die Junie 2012 uitgawe.
Dr Chris van Heerden was Desembermaand by die Gouritsriviermond waar hy ‘n knewel van ‘n kabeljou gevang het. Sy berig daaroor is in hierdie maand se Stywe Lyne.