Nuus uit die Skool Reply

Hierdie was ‘n vol-stoom-vorentoe week in die Skool vir Ekonomie en daar is klas gegee en vergaderings gehou dat die stof staan.

Van die belangrikste brokkies nuus is dinge wat eers later vandag gebeur, waaroor ons volgende week mooi verslag sal doen:

  • Vanoggend praat besoekers van die Beijing Foreign Studies University by ‘n seminaar oor hoe om besigheid te doen in Sjina.
  • Prof Wilma Viviers stel haar boek Export promotion bekend by ‘n werkswinkel by die Trade and Industrial Policy Secretariat (TIPS).

Net so wil ons ook volgende week meer skryf oor Prof Viviers en TRADE se nuwe band met Trade & Investment KwaZulu-Natal en met UNCTAD se Virtual Institute. Bly ingeskakel.

Laaste wil ons graag geluk sê vir die M-studente wat gister gehoor het dat hulle graad vang in September en ook vir hulle studieleiers.

Volgende week is Togaweek in die Skool en ons ontvang gasprekers uit die bedryf om vir studente meer te vertel oor die wêreld van werk en werksgeleenthede. Ons sal alles hier rapporteer!

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s