Nuus uit die Skool Reply

Hierdie week se nuus uit die Skool gaan alles oor Togaweek. Tydens Togaweek ontvang ons gasprekers uit die bedryf om vir studente meer te vertel oor die wêreld van werk en werksgeleenthede.

Rose Blatch speaks at EKIP321

Me Rose Blatch van ITRISA het die EKIP studente meer vertel van die geleenthede in internasionale handel. Sy het vertel dat werksoek net so mededingend is soos Olimpiese die 400m vlinderslag en soos Chad le Clos moet studente alles doen vir daardie laaste stukkie mededingende voordeel. Dit beteken dat jy met ‘n plan moet werk: identifiseer die maatskappye waar jy graag sal wil werk, kry jou CV en dekbrief reg en stel jouself voor. Wees strategies en hou aan om te leer.

Van die maatskappy wat werksgeleenhede bied vir studente wat in internasionale handel spesialiseer sluit in: vragversenders, vervoermaatskappye (dink MSC, SAA), multi-nasionale maatskappye wat invoer en uitvoer (dink aan Shoprite of Unilever), banke (hulle het internasionale finansieringsafdelings), inspeksie-maatskappye (dink SPS), Internasionale handelsversekeraars en die openbare sektor (ons het oud-studente by plekke soos DTI en Wesgro).

Jan van den Berg en Martin van Zyl van Senwes

Die ander fokusrigting in die Skool vir Ekonomie is Risikobestuur en ons was gelukkig om vir Jana van den Berg en Martin van Zyl van Senwes te kry om vir EKRP studente meer te vertel van risikobestuur in die landbou-omgewing. Hulle boodskap was duidelik: ‘n graad help, maar om te kan meeding vir werksgeleenthede in Risikobestuur is ‘n Honnuersgraad baie belangrik. Ons het ook ‘n lekker kompliment by Jana gekry toe sy vertel het hoe tevrede is met die NWU studente in hulle graduate program. Hulle kon sommer reg van die begin af inval en werk.

Saam met die gassprekers van buite het Prof Krugell in die week ‘n aanbieding gemaak oor hoe studente hulle CVs moet saamstel en voorberei vir onderhoude. Soos met alles is goeie voorbereiding en oefening belangrik. As jy belangstel, kry die PowerPoint skyfies hier: TOGAWeek 2012_CVs & interviews.

Ettienne le Roux van RMB

Ons laaste spreker vir die week was Mnr Ettiene le Roux, ekonoom van Rand Aksepbank. Hy het ‘n puik oorsig gegee van dit wat nou in die wêreld-ekonomie gebeur. Jy het dalk in die nuus gehoor van moeilikheid in die EU, maar Ettienne het verduidelik wat die omvang van die probleme in Griekeland en Spanje is en hoe dit oorspoel na die res van Europa en die res van die wêreld. Die vooruitsigte vir ekonomiese groei gaan gedemp bly vir die volgende 5 jaar, met selfs die ontluikende markte wat stadiger gaan groei. Vir Suid-Afrika is behoort daar groot kommer te wees oor die drywers van groei: verbruikers is onder druk en met die swak ekonomiese klimaat is investeringskoerse laag.

Van die Skool se kant af wil ons weereens vir die sprekers baie dankie sê vir hulle tyd en die moeite wat hulle doen om kampus toe te kom en studente toe te spreek. So ‘n week vereis ook heelwat reëls en koordinasie en in die Skool is ons baie dankbaar vir die harde werk van Prof Wilma Viviers (wat die sprekers gereël het) en Marlise Styger, Ilza Havenga en Alida Schutte wat gesorg het dat alles glad verloop.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s