Nuus uit die Skool Reply

Die Skool vir Ekonomie se personeel het hierdie week bietjie aan na-olimpiese blues gely. Ons nuus vir die week is kort maar kragtig:

  • Prof Kleynhans het Donderdag die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se simposium oor die finansiering van die hoër-onderwys in Pretoria bygewoon. Prof Kleynhans was een van die organiseerders van die simposium en die sprekers het ingesluit: Dr. Theuns Eloff, Vise-Kanselier, Noordwes-Universiteit, Prof. Antony Melck, Uitvoerende Direkteur, Universiteit van Pretoria, en Jean van Rooyen, Distinguished research & practice fellow, ‘National Education Finance Conference’, VSA.
  • Mnr Requier Wait en Mej Carike Claassen was die hele week by ‘n werkswinkel in Stellenbosch. Die werkswinkels is daarop gemik om jong akademici voor te berei om navorsingsartikels te skryf. So uit die tweets lyk dit of dit baie interessant was:

Laaste wil ons ook ‘n paar dinge adverteer:

  • Op 13 September hou ons die Skool vir Ekonomie – Peet Strydom colloquium. Die tema is EMERGING MARKETS: GROWTH RESILIENCE OR HITTING A LOW GROWTH TRAP. Kyk gerus hier op die blog vir meer besonderhede.
  • Op 17 September hou TREES (Tourism Research in Economic, Environs and Society ‘n “Forecasting workshop” in Potchefstroom. Top internasionale spreker gaan aanbiedings maak oor die nuutste vooruitskattings tegnieke. Dit is nie net vir die veld van toerisme-ekonomie nie, maar almal wat vooruitvoorspellings doen.
  • TREES-navorsers het ook op die oomblik ‘n vraelys op SANParke se webblad. Neem deel en staan ‘n kans om ‘n prys te wen!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s