Nuus uit die Skool Reply

Hierdie week was ‘n opwindende een in die Skool vir Ekonomie. Die groot trek het verlede Vrydagmiddag begin en nou sit ons aan die ooste en weste kant van die EW. Ons wil nie daaraan dink as weste teen ooste of ou-skool teen nuwe-skool nie – maar eerder dat ons nou die dekaanskantoor omsingel! Daar is nog heelwat werk en groot planne om die nuwe plekke mooi in te rig. Ons sal almal ophoogte hou. In ander nuus:

  • Prof Riaan Rossouw het Woensdag ‘n referaat gelewer by die South African Economic Regulators Conference in Johannesburg. Dit is werk wat saam met Mnr Martin Cameron van EON Consulting gedoen is. Die titel van die referaat was: Modelling the economic impact of electricity tariff increases on Eskom’s top customer segment.
  • Prof Gary van Vuuren het ‘n artikel in die nuutste uitgawe van SAJEMS: Basel III countercyclical capital rules: implications for South Africa. Hopefully we’ll get him to write a blog post about it. Nudge, nudge…
  • Die Skool vir Ekonomie, spesifiek die TRADE navorsingsnis, is nou ge-affilieer met UNCTAD se Virtual Institute. Lees meer hier. Sodra Prof Wilma Viviers terug is uit die buiteland sal sy ook vir ons meer skryf oor die werksaamhede van TRADE en die bande met die Virtual Institute.
  • Prof Andrea Saayman praat vanmiddag by die Breinpakkie-ete Navorsingsgesprekreeks oor navorsingsverlof in die buiteland.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s