Nuus uit die Skool 1

Daar is ‘n hele paar nuus-hoogtepunte uit die Skool vir Ekonomie hierdie week:

  • Die WorkWell navorsingseenheid is ekstern ge-evalueer en talle van die personeellede van die Skool het sessies saam met evalueringspaneel gehad.
  • Requier, Henri en Carike in die ring by UJ

    Buitengewone Professor Gary van Vuuren was hier en het Risikobestuurklasse gegee en met nagraadse studente en personeel vergader oor navorsing.

  • Dr Henri Bezuidenhout, Carike Claassen en Requier Wait het vandag ‘n seminaar by die Universiteit van Johannesburg bygewoon.  Dit het gegaan oor Sjina se rol in Afrika en daar was ‘n goeie gesprek met Prof Stephen Gelb.
  • Carli Jacobs en Antoinette van Niekerk was by die laaste been van hulle ITC opleiding in Pretoria.
  • Prof Krugell het dinge kwytgeraak oor voedselprysinflasie op RSG se Spektrum program.

Saam met al die werksnuus is ons ook bly om te skryf dat Prof Marianne Matthee se dogterjie, Leah, Dinsdag gebore is.

 

One comment

  1. Baie geluk aan Prof Matthee met die geboorte van hul dogtertjie Leah!!!

    Dankie aan Henri, Carike en Requier vir hul moeite om na ons seminaar te kom. Dit was lekker om hulle hier te hê!

    Ons sla RSG se “podgooi” gaan luister!

    Mooi daggie daar!

    Derick Blaauw

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s