Nuus uit die Skool Reply

Die akademiese jaar begin nou waarlik einde se kant toe staan, maar ons het darem ‘n paar brokkies nuus uit die Skool:

Ludo and Raymond

Prof Ludo staan links voor saam met die TRADE span

  • Die groot nuus is Prof Ludo Cujvers se besoek aan die TRADE navorsingsnis. Prof Ludo is die vader van die DSM (Decision Support Model) vir die indentifisering van uitvoergeleenthede. Tydens sy besoek is waar wye samesprekings gevoer oor die verfyning van die model, uitbreidingsmoontlikhede en verwante navorsingsplanne. Daar is groot planne gemaak vir 2013.
  • Ons wil ook vir Prof Andrea Saayman gelukwens met ‘n besondere prestasie. Sy het die mylpaal van 50 artikels voor haar 40ste verjaarsdag gehaal!
  • Twee van die kollegas het ook hierdie week blogs geloods oor hulle onderrig en navorsing. Lees wat skryf Carike Claassen oor die lesse wat ons kan leer by Riaan Cruywagen, en Requier Wait oor sy navorsing in die olie-sektor in Afrika.
  • Dit lyk of meeste van ons nog volgende week hier op kampus gaan wees, so ek los die kersboodskap vir ‘n laaste blog post.

Die nuus uit Amsterdam 4 Reply

Oud-kollega, Me Antoinette van Niekerk, is op die oomblik by die Vrije Universiteit in Amsterdam. Sy is daar met die SAVUSA uitruilprogram en loop ‘n kursus in Omgewingsekonomie. Sy het belowe om ons ophoogte te hou van haar avonture:

Wanneer mens baie reis raak mens gewoont aan die klein woordjie “as”. “AS ons maar net daardie trein gekry het.” Of “AS ek maar net regs, links, regs gekyk het…”. of “AS ek net geweet het…”. Ja, soms moet mens besef dom foute gaan jou `n paar euro’s en `n paar ure kos, hoe vinniger jy vrede maak daarmee, hoe beter! AS is tog net gebrande hout.

Fiets van die week: Die konstruksie fiets

Johann het bietjie meer as `n week terug hier in Nederland aangekom, dit was heerlik om hom te sien en ons het nog nie stil gesit nie (daarom is die e-pos ook bietjie laat). Die heel eerste dag gaan haal ek vir Johann op Schipol. Oppad huis toe lag en gesels ons al te lekker. Toe die trem by ons bestemming aankom, staan ek op en swipe uit. Ek was net van die trem af, toe hoor ek die deure gaan agter my toe, ek draai net betyds om, om te sien hoe Johann op die trem agterbly. Hy maak so `n snaakse gesig dat ek net moet lag. Soos hy weg ry, kan ek myself skop: AS ek maar net geskreeu het: “Klim af by die volgende stop en wag net daar!” Maar nee, toe gebruik ek die tyd om vir hom te lag. Daar ry Johann weg… sonder kontant, sonder selfoon en maar net `n halfuur al in Nederland… AS hy maar net eerste afgeklim het. Gelukkig het ons mekaar gou weer gekry.

Oor die algemeen gebruik ek en Johann die woordjie “wow” baie meer as “as”. In die afgelope week was ons al by Ouderkerk in Amstel, Broek in Waterland, Utrecht, Culemborg en Brugge. In Amsterdam was ons by die Jordaan, de Pijp, Albert Cuyp mark, Leidseplein, Rembrandtplein, die Nemo, Heineken Experience en die Concertgebouw. Ons rits op en af te voet, te fiets, te trem en te gelukkig. Die week wat voorlê sal ons nog `n draai maak in Rotterdam, Delft en Leiden… AS ons elke dag met `n koppie koffie kan begin.

Foto van die week: Die fietstog na Broek in Waterland

Groete, uit Amsterdam

 Antoinette

 

Research: Spillovers and industrial competitiveness Reply

Our Research posts are about the latest academic research being done in the School of Economics. This week:

THE CONTRIBUTION OF FDI, TECHNOLOGY AND R&D TO SPILLOVERS IN INDUSTRIAL COMPETITIVENESS: A SOUTH AFRICAN FIRM-LEVEL INVESTIGATION

by Ms. Sibulele Zwedala & Prof. Ewert Kleynhans (NWU)

This study investigates the contribution of technological and knowledge spillovers towards the competitiveness of South African manufacturing firms. Literature often emphasizes the role of foreign direct investment (FDI), technology and research and development (R&D) in spillovers, but seldom consider their effect simultaneously. This study focuses on the micro-economic production level and the interaction of these factors. It determines their influence on the competitiveness, profits and eventual industrial development.

The study revealed that direct foreign investments and ownership contribute little towards secondary spillovers, which probably depends on absorptive capacity. Technological advancement is not very significant, while research and development are dependent on absorptive capacity to enhance competitiveness, especially with regard to the investment in human capital. International quality certification, foreign licensing and capacity utilisation all contribute positively towards the ability to enhance productivity growth and the competitiveness of firms.

The assumption is that spillovers have a positive effect on industrial development. Literature on the competitiveness of firms, like for instance the Porter diamond (Porter 1998) or agglomeration economics (Krugman, Obstfeld, and Melitz 2012, 172) often mentions spillovers without defining it. Even though spillovers are regarded as important they are difficult to conceptualise and measure and often ignored in empirical analysis. This study wishes to investigate spillovers and find more clarity on these aspects.

More…

Nuus uit die Skool Reply

Die laaste twee weke was die nuus uit die Skool maar dun. Ons almal is besig gehou met nasienwerk, eksterne moderering, keuring van nagraadse studente, laaste vergaderings van onderrigkomitee en navorsingkomitee en ook die taakooreenkomsgesprekke vir 2013. Maar daar is darem ‘n paar nuusitems om te noem:

  • Net na afloop van die Honneursstudente se eksamen het Dr Andre Heymans die Risikobestuurgroep vergesel vir ‘n besoek aan die JSE.
  • Die nuwe gebou, E5 (ook soms bekend as Rekonomiese wetenskappe) is amptelik ingewy.
  • Die Skool se afsluitingfunksie was ‘n oggend in kookskool – die beef wellington was die hoogtepunt.
  • Prof Krugell was by Economic Research Southern Africa (ERSA) se werkswinkel oor “History and GIS”.

Daar is nog opwinding oor vir die week wat kom:

  • Die tweede eksamengeleentheid het Vrydag begin en loop nog tot die 4de Desember.
  • Prof Ludo Cujvers besoek hierdie week die TRADE navorsingsnis vir gesprekke oor verdere navorsing met die DSM.
  • Die einde van Movember is naby en ons gaan ‘n afsluiting hou en laaste ronde fondsinsameling vir die Profesnorre doen Vrydag.

This slideshow requires JavaScript.