Die nuus uit Amsterdam 1 Reply

Oud-kollega, Me Antoinette van Niekerk, is op die oomblik by die Vrije Universiteit in Amsterdam. Sy is daar met die SAVUSA uitruilprogram en loop ‘n kursus in Omgewingsekonomie. Sy het belowe om ons ophoogte te hou van haar avonture:

Dit is een week sedert ek op Schipol geland het.  Ek het in hierdie week al paar keer verdwaal, ek is al paar keer deur fietse, scooters en ander bewegende voorwerpe byna omgery.  Ek het meer geslaap was wat gesond is en ek het al vier lesings in omgewingsekonomie gehad.  Ek het `n fiets gekoop en ek het ‘n haring geëet en dit onder gehou (dit is baie meer glibberig as wat ek onthou).  Ja, ek kan ook skaars glo dat ek nog net `n week hier is… en siende al my gesukkel, kan ek ook skaars glo dat ek `n hele jaar hier gewoon het!

Gragte, fietse, daar is net een Amsterdam

As ek `n hoogtepunt van die eerste week moet uitlig, sal dit verseker die fietse wees.  Ek was opnuut verstom en verbaas oor die hoeveelheid fietse in Amsterdam.  KGB (Knowledge Generation Bureau) beraam dat daar ongeveer 16 miljoen fietse in Nederland is, daar word ongeveer 1,3 miljoen nuwe fietse elke jaar in Nederland verkoop.  Hulle kom met en sonder mandjies, kindersitplekkies, ratte, rakke en sakke… die fietse kom in verskillende lengtes, kleure, en miskien selfs geure.  Vir mans, vroue, kinders, oues, solo en in tandem.  Daar is opvou fietse, Gazelle fietse, Harley fietse, bakfietse, fietse met kratte, roes en met bling.  Daar is fietse met klokkies of tooters.  Daar is fietsrobotte en fiets-verkeersknope.  Mense eet terwyl hulle fietsry, lees `n boek of bekyk `n padkaart.  Party hou `n sambreel op terwyl hulle fiets in die reën of tik net `n sms’tjie.  Die fietse en hulle ridders het my opnuut verstom!

Dié fiets (op ‘n trein)

So het dit ook gekom dat ek vir myself `n fiets gekoop het.  Dit was `n goeie kopie, tenspyte van al die kommerwekkende hartkloppings en die behoefte na sterk drank nadat ek Amsterdam se smal en dol strate aan gedurf het.  Ja, ek slaan uit in `n koue sweet van angs as ek deur die trems, busse, voetgangers en taxi’s van Amsterdam moet fiets, maar ek hou steeds baie van my fiets.  Soos die logo van die advertensieveldtog Amsterdam houdt van fietsen sê: “Dit is Amsterdam, en dit is mijn fiets.”

Groete, Antoinette

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s