Die nuus uit Amsterdam 3 Reply

Oud-kollega, Me Antoinette van Niekerk, is op die oomblik by die Vrije Universiteit in Amsterdam. Sy is daar met die SAVUSA uitruilprogram en loop ‘n kursus in Omgewingsekonomie. Sy het belowe om ons ophoogte te hou van haar avonture:

`n Besoek aan `n vreemde land bestaan uit twee dele, kom ons noem dit die tourist-effect en die native-effect. Die tourist-effect is wanneer jy tipies jou rugsak vol vars water, genoeg geld en `n paar Lonely Planets stop, jy dra verkieslik tekkies of stapskoene met `n pet (van jou gunsteling sportspan) op die kop. In jou moonbag is die belangrike dokumente: paspoort, selfoon, kredietkaart, sleutels en lipice. En natuurlik, heel belangrik, jou kamera om jou nek. Hiermee neem jy fotos van hoe jy die toring van Pisa omstoot of hoe jy langs `n standbeeld van een of ander oorlogsveteraan staan.

Fiets van die week: Die water fiets

Die native-effect aan die anderkant is minder glamorous; dit behels om melk en brood te gaan koop met jou fiets, dit behels wasgoed en skottelgoed, dis wanneer jy die snooze knoppie vier keer na mekaar druk. Dit is tipies wanneer die man by die winkel op die hoek jou groet as jy inkom. Die native-effect is allerdaagse dinge. Die native-effect neem baie tyd; hiervoor moet jy weke, maande en jare by `n plek bly. En baie glo dis al hoe jy `n plek regtig en werklik kan beleef!

Ek het die afgelope drie naweke by mense gekuier wat meer ervaring met die native-effect het. Ek vertel meer.

  1. Oom George en tannie Janneke. Hulle is twee Nederlanders wat twaalf jaar in Suid-Afrika gewerk het. My oupa en ouma het hulle toe ontmoet en ons families het kontak gehou deur die jare. Oom George is afgetree maar wil net terug Suid-Afrika toe, hy lees graag wat met Malema aangaan en besoek Suid-Afrika met `n halwe verskoning. “Als het was als’t vroeger zullen we zo emigreer, hoor!”  Sê tannie Janneke ook vir my.
  2. Liza Rheeder. My niggie Liza woon nou in Leiden, sy is besig met haar PhD en sal nog vir ten minste `n paar jaar hier wees. Die Rheeders het al in Malaysië en Dubai gewoon en nou is Liza hier. Sy sê van alle lande voel sy steeds die tuiste in Suid-Afrika maar Leiden is vir nou haar huis.
  3. Sucille en Paul. Ek het Sucille in 2006 in Nederland ontmoet, toe het sy en Paul, ook `n Suid-Afrikaner, al uitgegaan. Hulle is nou getroud en woon in Culemborg. “Sal julle altyd hier bly?” vra ek vir hulle. “Ja-aa,” sê Paul “mense vra ons, maar ons is nie seker nie. Soms wil ek net terug en Sucille nie, ander dae wil Sucille net terug en ek nie. Vir nou is ons hier, en ons is gelukkig. Ja, jy weet, voor ek gaan slaap, dan sê ek maar `n gebedjie op: ‘Ag, Heer, wees tog met die mensies in Suid-Afrika.'”

Hoe langer mens op `n plek is, hoe groter word die native-effect, en hoe moeiliker raak dit om ooit weer terug te gaan. Om dit te vertaal vir die ekonome tussen ons: daar is `n afruiling tussen `n plek leer ken en sukkel om terug te gaan. Onthou net die geleentheidskoste van toer en verken is altyd die huis.

Foto van die week: Herfs op die Amstel

 Groete, uit Amsterdam

 Antoinette

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s