Nuus uit die Skool Reply

Die laaste twee weke was die nuus uit die Skool maar dun. Ons almal is besig gehou met nasienwerk, eksterne moderering, keuring van nagraadse studente, laaste vergaderings van onderrigkomitee en navorsingkomitee en ook die taakooreenkomsgesprekke vir 2013. Maar daar is darem ‘n paar nuusitems om te noem:

  • Net na afloop van die Honneursstudente se eksamen het Dr Andre Heymans die Risikobestuurgroep vergesel vir ‘n besoek aan die JSE.
  • Die nuwe gebou, E5 (ook soms bekend as Rekonomiese wetenskappe) is amptelik ingewy.
  • Die Skool se afsluitingfunksie was ‘n oggend in kookskool – die beef wellington was die hoogtepunt.
  • Prof Krugell was by Economic Research Southern Africa (ERSA) se werkswinkel oor “History and GIS”.

Daar is nog opwinding oor vir die week wat kom:

  • Die tweede eksamengeleentheid het Vrydag begin en loop nog tot die 4de Desember.
  • Prof Ludo Cujvers besoek hierdie week die TRADE navorsingsnis vir gesprekke oor verdere navorsing met die DSM.
  • Die einde van Movember is naby en ons gaan ‘n afsluiting hou en laaste ronde fondsinsameling vir die Profesnorre doen Vrydag.

This slideshow requires JavaScript.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s