Die nuus uit Amsterdam 4 Reply

Oud-kollega, Me Antoinette van Niekerk, is op die oomblik by die Vrije Universiteit in Amsterdam. Sy is daar met die SAVUSA uitruilprogram en loop ‘n kursus in Omgewingsekonomie. Sy het belowe om ons ophoogte te hou van haar avonture:

Wanneer mens baie reis raak mens gewoont aan die klein woordjie “as”. “AS ons maar net daardie trein gekry het.” Of “AS ek maar net regs, links, regs gekyk het…”. of “AS ek net geweet het…”. Ja, soms moet mens besef dom foute gaan jou `n paar euro’s en `n paar ure kos, hoe vinniger jy vrede maak daarmee, hoe beter! AS is tog net gebrande hout.

Fiets van die week: Die konstruksie fiets

Johann het bietjie meer as `n week terug hier in Nederland aangekom, dit was heerlik om hom te sien en ons het nog nie stil gesit nie (daarom is die e-pos ook bietjie laat). Die heel eerste dag gaan haal ek vir Johann op Schipol. Oppad huis toe lag en gesels ons al te lekker. Toe die trem by ons bestemming aankom, staan ek op en swipe uit. Ek was net van die trem af, toe hoor ek die deure gaan agter my toe, ek draai net betyds om, om te sien hoe Johann op die trem agterbly. Hy maak so `n snaakse gesig dat ek net moet lag. Soos hy weg ry, kan ek myself skop: AS ek maar net geskreeu het: “Klim af by die volgende stop en wag net daar!” Maar nee, toe gebruik ek die tyd om vir hom te lag. Daar ry Johann weg… sonder kontant, sonder selfoon en maar net `n halfuur al in Nederland… AS hy maar net eerste afgeklim het. Gelukkig het ons mekaar gou weer gekry.

Oor die algemeen gebruik ek en Johann die woordjie “wow” baie meer as “as”. In die afgelope week was ons al by Ouderkerk in Amstel, Broek in Waterland, Utrecht, Culemborg en Brugge. In Amsterdam was ons by die Jordaan, de Pijp, Albert Cuyp mark, Leidseplein, Rembrandtplein, die Nemo, Heineken Experience en die Concertgebouw. Ons rits op en af te voet, te fiets, te trem en te gelukkig. Die week wat voorlê sal ons nog `n draai maak in Rotterdam, Delft en Leiden… AS ons elke dag met `n koppie koffie kan begin.

Foto van die week: Die fietstog na Broek in Waterland

Groete, uit Amsterdam

 Antoinette

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s