Die nuus uit Amsterdam 5 Reply

Oud-kollega, Me Antoinette van Niekerk, is op die oomblik by die Vrije Universiteit in Amsterdam. Sy is daar met die SAVUSA uitruilprogram en loop ‘n kursus in Omgewingsekonomie. Sy het belowe om ons ophoogte te hou van haar avonture:

Johann was nou vir twee weke by my in Nederland. Ons het Amsterdam, Holland en Brugge plat geloop en gefiets. Vrydagaand het hy terug gevlieg en is weer veilig in Suid-Afrika. Op die oomblik is daar ook `n ander besoeker in Nederland wat die land, te perd, plat(ter) toer. En een of ander tyd moet hy ook terug na sy sonnige tuiste, Spanje. Jip, ek praat oor Sinterklaas.

Fiets van die week: Die ma-en-kind tandem

Fiets van die week: Die ma-en-kind tandem

Meeste mense wat die Nederlanders ken sal goed weet wie Sinterklaas is. Sinterklaas se oorsprong kom van die Katolieke biskop Sint Nikolaas. Sint Nikolaas was die biskop van Myra, vandag in Turkye; hy het homself ontferm oor veral kinders en vroue in die vierde eeu. Sint Nikolaas het graag `n muntstuk in behoeftiges se skoene gesit en van daar het die Amerikaanse Santa Claus ook ontstaan. Die Nederlanders vier nog die feest van Sint Nikolaas, bietjie minder verdraai as die Amerikaanse weergawe daarvan. Die enigste ooglopende verdraaing is dat Nederlanders sê Sinterklaas keer terug na Spanje en nie Turkye vanwaar hy werklik was nie. Nou ja, seker maar oor Turkye nie deel is van die Europese Unie nie en Spanje sukkel tog so met werkloosheid…

Nie dat daar veel werkskepping kan kom vir Spanje van Sinterklaas nie. Ou Klaas, of die Goedeheiligman soos hy ook bekend gestaan het, was nie helemal so heilig nie. Nee, om `n muntstuk in elke oop skoen te los was prysig. Daarom, soos vandag se Sjinese, maak Ou Klaas staat op goedkoop arbeid. Jip, Sinterklaas is altyd omring deur Zwarte Pieten. `n Zwarte Piet is `n nie-blanke werker wat Ou Klaas altyd help om persente uit te deel. Aangesien die Nederlandse bevolking meestal blank is, kan jy hierdie tyd van die jaar swart onderlaag en rooi lipstick vir vol rooi lippe koop by die Hema vir slegs 3 euro.

“NEE!” sal `n Nederlander verstom sê, “Natuurlik simboliseer die Zwarten Pieten nie slawe uit Noord Afrika wat deur koloniale moondhede gebruik is as goedkoop en gratis arbeid nie.” Hulle voeg dan ook graag altyd by: “Buitendien, toe daar een jaar `n nie-blanke man was wat Sinterklaas gespeel het, moes hy homself wit verf!”

Een ding wat wel afgeskaf is dat Zwarte Pieten altyd dom moet speel… jare terug was die Zwarte Pieten altyd in `n dom en agterlike manier uitgebeeld, hulle sou stotter en rond val en nooit `n woord van enige iets verstaan nie. Vandag is hulle meestal net stout, hulle trek gesigte agter grootmense se rûe, of bak graag `n poets. Maar heel belangrik, Sinterklaas verwys NOOIT na hulle as sy slawe nie! Miskien ook bietjie soos Sjinese vandag…

Terwyl Sinterklaas nou in Nederland rond rits, stop hy elke aand by jou huis, as jy jou skoen uitsit met ietsie vir sy perde (`n wortel of appel) sal hy vir jou `n klein persentjie gee. Aan die einde van sy Nederland uitstappie sal hy dan `n groter persent los vir al die kinders wat soet was. Die wat stout was aan die anderkant, word gestraf: hulle word weggevat van hulle ouers, in `n streepsak gegooi en gaan dan met die stoomboot na sonnige Spanje. Ja, ek weet wat julle dink; Sinterklaas, ek was ook stout gewees! Ek was ook stout gewees!

Foto van die week: 'n Mooi, rooi, distrik van Amsterdam

Foto van die week: ‘n Mooi, rooi, distrik van Amsterdam

Groete uit Amsterdam

Antoinette

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s