Nuus uit die Skool 1

Die punte is gefinaliseer, die keurings vir 2013 gedoen en die studentesentrum het gesluit. Al wat nou oor is om te doen is ‘n laaste nuusberig uit die Skool vir 2012.

Riaan Rossouw, Wilma Viviers en Raymond Parsons by BUSA

Riaan Rossouw, Wilma Viviers en Raymond Parsons by BUSA

  • Die hoogtepunt van die week was ‘n aanbieding wat Prof Wilma Viviers en Riaan Rossouw by Business Unity South Africa (BUSA) gemaak het. Hulle het besigheid se verteenwoordigers meer vertel van TRADE se Decision Support Model (DSM) vir die identifisering van uitvoergeleenthede. As jy meer wil leer van hierdie navorsing en uitvoergeleenthede, kyk gerus na hulle aanbieding: BUSA DSM 2012 presentation.
  • Verder is daar nog nagesien, punte gefinaliseer, laaste vergaderings gehou en kantore opgeruim. Prof Saayman se verjaarsdag is met ‘n lekker ontbyt gevier.
  • Van die blog-bestuur se kant af wil ons graag almal bedank wat hierdie afgelope 9 maande ons berigte geskryf en gelees het. ‘n Besondere woord van dank aan ons gasskrywers. Vanaf ‘n klein begin in April 2012 – met die oog op die Opedag – het ons tot vandag toe 124 “posts” gemaak. In totaal is dit 8530 keer geview en ons het al 23 mense wat die blog volg en sommer die nuutste berigte per e-pos kry. As jy dalk wonder wat aftrek kry, dit is die Research bladsy en die top “post” van 2012 was The impact of tourism on poverty in South Africa.
  • Daar is groot planne in die pyplyn vir volgende jaar. Dit sluit in spesifieke bladsye vir TRADE en Tourism Economics. Ons dink aan kort videos van die gassprekers by die seminaarreeks. En wil ons graag meer hulpbronne beskikbaar stel vir hoërskool-Ekonomie. Hou die blog dop.

Vir eers wil die Skool graag vir almal ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige 2013 toewens.

One comment

  1. Baie dankie Waldo – vir al jou moeite met ons blog! Ons sien uit na ‘n great 2013 vir die Skool vir Ekonomie en TRADE en Toroerisme-navorsing! ‘n Geseënde Kersfees vir julle almal en mag 2013 vir julle almal ‘n GROOT jaar wees!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s