Die nuus uit Amsterdam 6 Reply

Oud-kollega, Me Antoinette van Niekerk, is op die oomblik by die Vrije Universiteit in Amsterdam. Sy is daar met die SAVUSA uitruilprogram en loop ‘n kursus in Omgewingsekonomie. Sy het belowe om ons ophoogte te hou van haar avonture:

Voor ek na Nederland gekom het, was meeste mense se raad: “Nettie, jy moet dit vreeslik geniet. Toer lekker rond en maak die meeste van jou tyd daar!”

Nadat ek elke week `n brief uit Amsterdam stuur, het die mense se raad/vrae verander na: “Nettie, en hoe gaan dit met die klasse? Woon jy dit darem ook by?”

Fiets van die week: Die opvou fiets

Fiets van die week: Die opvou fiets

Daarom het ek dit goed gedink om almal gerus te stel. Ja, ek woon klas by. En ja, dit gaan goed. Dis `n Meesters vak in omgewingsekonomie, ons is so 24 studente van Nederland, Duitsland, Italië, China, Suid-Amerika en Suid-Afrika in die klas. Ons is drie Suid-Afrikaanse studente, ek, Kin en Courage. Ek hou van hulle: Courage is so skerp soos `n mes en Kin laat my vreeslik hip voel as hy my groet my met die hand, met die duim wat so click. En dan noem hulle mekaar boonop brother, en ek hou daarvan!

Die kursus was verdeel in twee dele, die eerste gedeelte was `n reeks intressante lesings aangebied deur twee bekwame lektore. Die tweede deel het bestaan uit presentations wat ons twee-twee moes aanbied. Ek en Mnr. Shu Ching-Shu was saam in `n groep. Na elke presentation was `n ander duo gekies om die presentation krities te analiseer en te bespreek. Jy en jou spanmaat het nie geweet wanneer julle gekies gaan word om te bespreek nie so daarom moes almal elke artikel vooraf analiseer en fyn studeer.

Eendag in klas kom Kin na my toe en sê hy dink hy en Courage gaan na die volgende presentation moet bespreek en hy is nie goed voorbereid nie. “Chill, my brother,” sê ek vir hom (ek eksperimenteer ook die hele brother-ding). “just listen carefully to the presentation, brother, and make notes, brother, then just ask a couple of questions!”

En so kom dit ook dat Courage en Kin gekies is om die volgende presentation te bespreek. Courage het `n hele lys vrae maar Kin lyk bietjie bleek. Toe Courage klaar is, kyk almal na Kin, dis nou sy beurt om ook iets te vra. Kin maak keel skoon.

“So, do you think markets are more rational than individuals?” Vra Kin… En toe word die multi-nasionaliteit van die klas `n probleem want ons sukkel soms om mekaar se Engels te verstaan

Daar is `n lang stilte en toe sê die meisie wat present: “Sorry?”

“Do you think markets are more rational than individuals?” Herhaal Kin geduldig.

“Ah. Uhm. Okay… Wait, what? Come again?” Vra sy weer.

“Do you think markets are more rational than individuals?” Sê Kin vir `n derde keer.

Sy staar net voor haar uit, iemand naby aan haar verduidelik iets in haar oor. En dit lyk asof sy die vraag verstaan toe antwoord sy: “Well… no… I do not think monkeys are more rational than the individual.”

Hierdie week is ek af, ek beplan om nog `n hele paar goed in Amsterdam te sien en nog rustig aan te doen. Volgende week, is die monkey business egter verby en sal ek hard moet swot vir die eksamen.

Die uitsig vanaf my lessenaar

Foto van die week: Die uitsig vanaf my lessenaar

Groete uit Amsterdam,

Antoinette

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s