Nuus uit die Skool Reply

Onder hittegolf-toestande in Potchefstroom was die ekonome hierdie week hard aan die werk en daar is ‘n paar nuusbrokkies uit die Skool:

Daar was ook tyd vir kuier by SAFA

Daar was ook tyd vir kuier by SAFA

  • Die Risikobestuur-dosente, Drs Heymans, van Heerden en Mnr Dreyer was hierdie week by die jaarlikse konferensie van die South African Finance Association (SAFA).
  • Prof Wilma Viviers van die TRADE navorsingsnis was by ‘n TIPS werkswinkel oor die nasionale uitvoer strategie en het daar ‘n aanbieding gedoen oor TRADE se Decision Support Model.
  • Prof Krugell was deel van die Fakulteit se program vir die ontvangs van die eerstejaars en het aanbiedings gedoen oor e-leer en persoonlike finansies.
  • Prof Kleynhans het NERSA se openbare verhoor oor Eskom se voorgestelde tariefverhogings hier in Potchefstroom bygewoon. Vandag is hy by ‘n werkswinkel van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, maar meer daaroor volgende week.

Verder staan ons reg vir ‘n besige week. Volgende week ontvang ons 2013 se Honneurs en M-studente en die voorgraadse seniors is hier vir registrasie.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s