Nuus uit die Skool Reply

Hierdie week sal seker die beste onthou word as die een van die waterkrisis in Potchefstroom. “Nuus uit die Skool” is vroeg met die dat die kampus vandag gesluit het. Daar was darem ook ‘n hele paar hoogtepunte wat ons hier kan rapporteer:

MsM book launch

  • Proff Wilma Viviers, Riaan Rossouw en Mnr Ernst Idsardi is hierdie week in Antwerpen en Maastricht om navorsingsbande te versterk en vandag is die bekendstelling van die Export Promotion boek by die Maastricht School of Management. Ons hoop om volgende week hulle nuus en fotos hier te hê.
  • Hierdie week het die Minister van Finansies die begroting in die Parlement voorgelees en dit was ook die finaal van die Nedbank / Ou Mutual Begrotingskompetisie. Ons het ‘n verteenwoordiger daar gehad in die persoon van Me Antoinette van Niekerk en Me Carike Claassen was daar as dosent. Carike het puik sosiale media-verslaggewing gedoen. Kyk na haar blog vir meer oor die kompetisie en ook vir fotos. Dit was ook die eerste kompetisie waar deelnemers en hulle dosente ge-tweet het en ons het ‘n Storify saamgestel met ‘n paar van die tweets.

Ski slopes

 

  • Prof Krugell het gister die Begroting gekyk en ‘n bespreking gelei met kleinsakelui in Carletonville. Kyk gerus wat @ekonoom kwytgeraak het op Twitter.
  • Prof Saayman is hierdie week in Oostenryk en ons wil net ‘n foto van die ski-oord wys om almal wat in Potch se hitte sit jaloers te maak.

Some thoughts on Budget 2013 Reply

On Wednesday afternoon Minister Pravin Gordhan will deliver the 2013/14 Budget Speech in Parliament. The speech should not contain any surprises. Government has little choice but to stay the course in the bigger scheme of taxes and spending. Clues for policy priorities are available in last year’s mini-budget and this year’s State of the Nation Address. I predict public finances under pressure from a slow growing economy and smaller tax take. This means only small increases in social spending and little tax relief. We’ll see the predicatable increases sin taxes and further closing of whatever loopholes remain.

The more interesting question is whether the budget can operationalise the policy priorities of the SONA (and NDP). Where the SONA should outline a vision, the Budget should put money to specific plans. This year’s address presents something of a challenge to the Minister of Finance. Last week Steuart Pennington asked: Who was the audience of the SONA? (HT @MensDom for this link) The President addressed 40 separate issues in some detail but there was a lot less detail on the proposed actions. More…

Nuus uit die Skool Reply

Hierdie was ‘n opwindende week in die Skool vir Ekonomie met personeel wat oral te sien en te hoor was:

Dr Bezuidenhout in aksie op eTV

Dr. Bezuidenhout in aksie op eTV

  • Oud-kollega, Antoinette van Niekerk, het Woensdag oggend op SAfm deelgeneem aan ‘n radio-onderhoud met deelnemers aan die Nedbank en Ou Mutual se Begrotingskompetisie. Sy het oor haar referaat gepraat wat handel oor teen-sikliese fiskale beleid. Die kompetisie sluit volgende week in die Kaap af tydens Minister Gorhan se lees van die 2013/14 Begroting in die Parlement. Mej Claassen gaan ook daar wees as NWU dosent en ons sal al die nuus hier rapporteer. Duime word styf vasgehou vir Antoinette.
  • Prof Wilma Viviers en M-student Johan Malan het gister ‘n aanbieding gedoen oor uitvoergeleenthede by die Capital Equipment Export Council. Dit is deel van ‘n navorsingsprojek vir die raad wat ook deel vorm van Johan se studie.
  • Prof Riaan Rossouw en Dr Henri Bezuidenhout het gister en vandag deelgeneem aan die Noordwes Provinsie se BRICS & trade konferensie in Mmabatho. Prof Riaan het ‘n oorsig gegee van die Noordwes ekonomie en die uitvoergeleenthede wat daar bestaan na die BRIC lande. Dr Henri het weer gekyk na hoe direkte buitelandse investering vanaf BRIC lande pas by die prioriteit-sektore in die Noordwes Provinsie. Hy het ook vanoggend op eTV deelgeneem aan ‘n paneelbespreking.

Volgende week gaan ‘n groot een wees met die Begroting, Begrotingskompetisie en die bekendstelling van TRADE se Export Promotion boek in Maastricht.