Nuus uit die Skool Reply

Hierdie was die laaste week voor die begin van die lesings op kampus en reeds ‘n lekker besige een. Daar is sommer ‘n hele paar stukkies nuus uit die Skool:

Export-Promotion-E

  • Op 24 Januarie is Proff Wilma Viviers en Ludo Cuijvers se boek “Export promotion: A Decision Support Model approach” in Thailand bekendgestel. Prof Cuijvers was oor jare heen betrokke by Flanders Trade and Investment en die Thailand Development Research Institute. By die bekendstelling van die boek was onder andere die Belgiese ambassadeur in Thaliand, verteenwoordigers van Flanders Trade and Investment en nuusspanne van plaaslike TV stasies.
  • Me Carike Claassen was by ERSA se werkswinkel oor “Now-casting economic variables” by die universiteit van Pretoria. Sy sê sy het sommer baie geleer van principle component analysis en die gebruik van Matlab.
  • Dr Chris van Heerden was in Bloemfontein vir ‘n vergadering met Juta oor die skryf van ‘n nuwe Risikobestuur handboek.
  • Prof Krugell en Me Alicia Fourie het ‘n werkswinkel op kampus bygewoon oor sg. vervlegde leer en die gebruik van tegnologie in onderrigleer. Lees meer oor die storie op die Scholarship of Teaching and Learning blog.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s