Nuus uit die Skool Reply

Vir ons gereëlde lesers wil ons sê jammer dat verlede week se nuus uit die Skool bietjie laat is. Dinge het opgeduik en gebeur, maar hier is dit nou:

By die UP seminaar

By die UP seminaar

  • Risikobestuur-legende, buitengewone Professor Gary van Vuuren was hier en hy het vir drie dae die Senweslokaal oorgeneem vir ECON623 lesings. Hierdie jaar word die module in blokke aangebied en die eerste een het spesifiek gegaan oor markrisiko.
  • Saterdag is die M-studente onderhande geneem vir die eerste sessie van die Skryfskool. Prof Tobie van Dyk van die Sentrum vir Akademiese en Professionele Taalpraktyk het hulle meer vertel oor die ontwikkeling van ‘n navorsingsvoorstel en Mev Marietha Buys van die Ferdinand Postma biblioteek het ‘n aanbieding gedoen oor soektogte en databasisse.
  • Prof Krugell het gister by die Universiteit van Pretoria se Ekonomie departement deelgeneem aan hulle seminaarreeks. Die onderwerp van sy aanbieding was: Chalk dust to star dust – How social media can benefit your research. Ongelukkig het niemand dit “live” ge-tweet nie.

Daar is ook ‘n opwindende week of twee voor. Die TRADE span maak aanbiedings in Johannesburg en Mafikeng. Daarna reis ‘n paar dosente ook na Antwerpen en Maastricht vir navorsing en ‘n boekbekendstelling. Ons sal al die besonderhede hier rapporteer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s