Nuus uit die Skool Reply

Hierdie was ‘n opwindende week in die Skool vir Ekonomie met personeel wat oral te sien en te hoor was:

Dr Bezuidenhout in aksie op eTV

Dr. Bezuidenhout in aksie op eTV

  • Oud-kollega, Antoinette van Niekerk, het Woensdag oggend op SAfm deelgeneem aan ‘n radio-onderhoud met deelnemers aan die Nedbank en Ou Mutual se Begrotingskompetisie. Sy het oor haar referaat gepraat wat handel oor teen-sikliese fiskale beleid. Die kompetisie sluit volgende week in die Kaap af tydens Minister Gorhan se lees van die 2013/14 Begroting in die Parlement. Mej Claassen gaan ook daar wees as NWU dosent en ons sal al die nuus hier rapporteer. Duime word styf vasgehou vir Antoinette.
  • Prof Wilma Viviers en M-student Johan Malan het gister ‘n aanbieding gedoen oor uitvoergeleenthede by die Capital Equipment Export Council. Dit is deel van ‘n navorsingsprojek vir die raad wat ook deel vorm van Johan se studie.
  • Prof Riaan Rossouw en Dr Henri Bezuidenhout het gister en vandag deelgeneem aan die Noordwes Provinsie se BRICS & trade konferensie in Mmabatho. Prof Riaan het ‘n oorsig gegee van die Noordwes ekonomie en die uitvoergeleenthede wat daar bestaan na die BRIC lande. Dr Henri het weer gekyk na hoe direkte buitelandse investering vanaf BRIC lande pas by die prioriteit-sektore in die Noordwes Provinsie. Hy het ook vanoggend op eTV deelgeneem aan ‘n paneelbespreking.

Volgende week gaan ‘n groot een wees met die Begroting, Begrotingskompetisie en die bekendstelling van TRADE se Export Promotion boek in Maastricht.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s