Nuus uit die Skool Reply

Die water loop weer en die internet ook en hierdie was ‘n besig week in die Skool:

Book launch at Maastricht School of Management

Book launch at Maastricht School of Management

  • Prof Wilma Viviers is terug vanaf Antwerpen en Maastricht waar sy TRADE se internasionaliseringsbande gesmee het haar en Prof Ludo Cuijvers se boek oor Export Promotion bekend gestel het. Hulle aanbieding is hier: Maastrict launch DSM 2013 presentation
  • Prof Riaan Rossouw is nog by die Maastricht School of Management in Nederland en het hierdie week daar klasgegee oor algemene-ewewigsmodelle.
  • Prof Raymond Parsons het namens BUSA ‘n voorlegging gemaak in die Parlement. Lees meer hier: Budget briefing for Parliamentary finance committee
  • Dr Ilza Botha van UJ het die seminaarreeks afgeskop met ‘n opleidingsessie oor die gebruik van instrumental variables en 2-stage least squares regressors.
  • Prof Krugell was Donderdagaand op PUKfm se Studio Spektrum program om te praat oor die Begroting en wat dit vir studente beteken.
Personeel saam met Chameleon!

Personeel saam met Chameleon!

  • Daar was ook tyd vir ontspanning en personeel van die Skool het die Potch Mooi Rotary Anns se Vroue-aand ten bate van liefdadigheid ondersteun. Chris Chameleon was die gaskunstenaar.
  • Die Skool het ook ‘n span wat Saterdagaand deelneem aan Cansa se Relay for Life op die Fanie.

Vandag en volgende week vang die Skool se studente graad.  More is daar Ekonomie studente en volgende week Internasionale Handel, Risikobestuur en ook 2012 se Honneursstudente. Veelsgeluk aan al die graduandi.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s