Nuus uit die Skool 1

Die groot nuus van hierdie week is van studente wat presteer. Ons het reeds geskryf oor die week se gradeplegtighede, maar wil net hier vir Prof Wilma Viviers gelukwens met haar dogter Andrea wat ook graad gevang het – die BCom Forensiese Rekenmeesterskap.

Ander nuus is dat al verlede naweek het personeellede van die Skool deelgeneem aan Cansa se Relay for Life hier in Potchefstroom. Dit was baie lekker om ‘n paar rondtes op die Fanie te stap vir ‘n goeie doel.

Gisteraand was die Fakulteit se jaarlikse akademiese prestigefunksie waar die top akademiese presteerders van 2012 erkenning ontvang het. Die Skool se presteerders was:

  • Beste student in Ekonomie: Me Esme Voogt.
  • Beste student in Risikobestuur: Me Chrizanne Janse van Vuuren.
  • Beste student in Internasionale Handel: Me Lorainne Steenkamp.
  • Beste Honneursstudent in Ekonomie: Mnr Jannick Tohermes.
  • Beste Honneursstudent in Risikobestuur: Me Jade Shrimpton.
  • Beste Honneursstudent in Internasionale Handel: Mnr Francois van Heerden.
  • Beste MCom verhandeling: Me Carli Jacobs.

Die Skool wil graag ‘n besondere woord van dank rig aan die borge van die studente se pryse: Rand Aksepbank, Vrystaat Mielies, ITRISA, EON Consulting, SENWES, CGIC en KPMG. By elkeen van hierdie organisasies het ons jarelange vriende wat jaar-na-jaar bereid is om ondersteuning te bied en geen moeite ontsien om ‘n funksie hier op Potchefstroom te kom bywoon. Ons het groot waardering vir julle ondersteuning.

Hier is ‘n klein album van foto’s van gisteraand se funksie:

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s