Nuus uit die Skool Reply

Ons is bietjie stadig met verlede week se nuus (in hoofsaak omdat die gastehuis waar Prof Krugell die laaste paar dae in die Kaap gebly het, droewige stadige internettoegang gehad het). Dit was egter ‘n opwindende week met ‘n paar personeellede wat akademies gereis het:

  • Prof Saayman het verlede Maandag by Universiteit van Pretoria se seminaarreeks gepraat oor Tourism demand modelling. Daar was lekker interessante bespreking en ons wil graag vir Prof Steve Koch en Manoel Bittencourt bedank vir hulle reëlings en gasvryheid.
  • Mnr Requier Wait het weer ‘n gaslesing aangebied by NMMU. Hy is ook ‘n eksterne moderator en eksaminator daar en die besoek was ‘n groot sukses.
  • Prof Krugell was by ERSA se ekonomiese geskiedenis werkswinkel in Kaapstad. Dit was ‘n uitstekende werkswinkel met baie idees vir nuwe navorsing. Daarna het hy nog saam met TREES kollegas Proff Melville Saayman en Peet van der Merwe ‘n draai gemaak in Robertson vir vergaderings oor die opname (en “groen”-eksperiment) wat hulle hierdie jaar by die Wacky Wine fees wil hou.
  • Prof Riaan Rossouw is terug in die gang na sy besoeke aan Maastricht en Amsterdam.
  • Die Risikobestuurdosente was gister by Wits se PhD colloquium en het daar vergader met Prof Christo Auret.
  • Dr Henri Bezuidenhout reis op die oomblik in Europa vir die IAES konferensie in Wenen, Oostenryk.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s