Nuus uit die Skool Reply

Die eerste week van die tweede kwartaal is agter die blad en die doseerwerk en navorsing is in volle swang op die Pukkampus. In die Skool dink ons almal aan die toetsweek se vraestelle, maar daar was ook ‘n paar ander hoogtepunte:

Frans praat by die colloquium

Frans praat by die colloquium

  • Woensdagmiddag het Mnr Frans Dreyer se PhD voorstel gelewer by WorkWell se colloquium. Sy navorsing fokus op verskansingsstrategieë vir wit mielies en spesifiek die gebruik van die Omega verhouding as ‘n maatstaf van die prestasie van ‘n spesifieke strategie.
Carike in aksie in Ferdies

Carike in aksie in Ferdies

  • Woensdagaand het Mej Carike Claassen opgetree as die gasspreker by die SR Confabulatia. Dit is geleenthede wat hulle reël waar personeel hulle kennis kan deel oor vraagstukke wat studente raak. Hierdie keer was die onderwerp jeugwerkloosheid. Mej Claassen doseer Fiskale en Monetêre Beleid en Ontwikkelingsekonomie en het die studente meer vertel van die uitdagings en geleenthede in die arbeidsmark. Daar is natuurlik kommer oor werkloosheid on graduandi, maar Mej Claassen het die onlangse debat oor Adcorp se syfers verduidelik en gewys dat skaars vaardighede tel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s