Nuus uit die Skool Reply

Hierdie was so besig week dat daar nie kans was vir ‘n opinie-stuk nie en dit is weer Vrydag en tyd vir die nuus uit die Skool:

Prof Wilma in aksie by DIRCO

Prof Wilma in aksie by DIRCO

  • Personeel van die Skool het hierdie week onder die TRADE vaandel opleiding aangebied by DIRCO. Die werk was saam met ‘n span van ITRISA en IBIS en die opleiding was vir  buitelandse ekonomiese verteenwoordigers wat in Suid-Afrikaanse ambassades regoor die wêreld geplaas gaan word. Prof Matthee het ‘n oorsig gegee oor die internasionale ekonomie en internasionale handelsbetrekkinge. Prof Krugell het die Suid-Afrikaanse ekonomie bespreek. Prof Viviers en Dr Steenkamp het meer verduidelik van handelsanalise en die gebruik van onder andere TradeMap en die DS-Model.
  • Dr Henri Bezuidenhout het die week deelgeneem aan IHS Global Insight se Indaba in Mafikeng en ‘n aanbieding gemaak oor BRIC direkte buitelandse investering in Suid-Afrika.
  • Donderdag het Mnr Ettienne le Roux van Rand Aksepbank by ons seminaar gepraat oor die Suid-Afrikaanse ekonomie en die vooruitsigte vir groei. Daar is goeie notas gemaak en ons hoop om ‘n opsomming-post hier te maak, iewers in volgende week.
  • Volgende week is toetsweek op kampus, so ons wil graag vir alle ECON, EKIP en EKRP studente sterkte toewens.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s