Nuus uit die Skool 1

Dit was toetsweek op kampus hierdie week en ‘n klompie van die dosente het die kans gebruik om self weer in die klas te sit.

Stata training

Stata opleiding in TRADE se nuwe lokaal in die EW

Die opleiding was oor die gebruik van Stata (ekonometriese sagteware) om sg. “gravity” modelle van internasionale handel te beraam. Die aanbieder was Cristian Ugarte van UNCTAD se Virtual Institute in Geneve, Switserland.

Cristian het ons meer geleer van die gravity spesifikasie van ‘n regressie-model en die harde werk om ‘n datastel daarvoor reg te kry. Bilaterale uitvoere tussen alle lande, met hulle BBPs en afstande tussen die lande is nie iets wat mens op een plek van die internet aflaai nie. Hierdie data en dié van al die ander veranderlikes wat mens wil insluit moet uit verskillende bronne saamgevoeg word tot ‘n bruikbare datastel.

Wanneer jy eers die data reg het, is daar ander interessante vraagstukke, byvoorbeeld, hoe hanteer jy die nulle wanneer lande nie met mekaar handel dryf nie? Tobit model, of Heckman twee-stap? Vir navorsers was dit ‘n baie interessante vier dae en ons wil graag vir Cristian en die Virtual Institute bedank vir die geleentheid. Prof Wilma Viviers en Marlise van TRADE het hulleself oortref met puik reëlings en verversings.

 

One comment

  1. Pingback: The best of 2013 « Skool vir Ekonomie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s