Opedag 2013 Reply

Saterdag 4 Mei hou ons Opedag op die NWU se Potchestroomkampus.

Opedag poster 1

Die belangrike deel van die dag is die geleentheid om by Fakulteite en spesifieke Skole ‘n draai te maak en meer te hoor van die verskillende studierigtings. Die Skool vir Ekonomie is opgewonde oor ons deel van die program. As jy belangstel in ‘n BCom graad kom maak ‘n draai by een van ons aanbiedings. Ons gaan in die Ekonomiese Wetenskappe-gebou (E3) wees, lokaal G20. Ons maak vanaf 9uur, op die uur ‘n aanbieding, so daar is kans om na ‘n paar Skole se aanbiedings te gaan luister.

Ons grade het Ekonomie as basis en bied die geleentheid om te spesialiseer in Internasional Handel or Risikobestuur. Dit gaan onderandere oor:

  • Internasionale Handel: Hoe om ‘n uitvoertransaksie te doen, wisselkoerse, vervoer en logistiek, uitvoer-administrasie, invoerprosesse, metodes van betaling, risiko’s, kredietversekering, internasionale kommunikasie, beleid, die WHO.
  • Risikobestuur: Beleggings, verhandeling, aandele, staatskuld, opsies, futures, King se verslae, Basel III, fundamentele analise, tegniese analise, Bankrisiko, rentekoerse, wisselkoerse, die JSE, SAFEX, likiditeit, operasionele risiko.

As enige iets hiervan interessant klink, kyk na ons infografieka of die jaarboek vir meer inligting en maak ‘n draai by ons aanbiedings om met die dosente te gesels.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s