Nuus uit die Skool Reply

‘n Week met ‘n vakansiedag in is altyd ‘n lekker een, maar ons het darem so 4 dae se nuus uit die Skool:

Donasie aan Child line

Danielle le Clus, Marianne Mathhee en Carike Claassen saam met personeel van Childline

  • Personeel van die Skool vir Ekonomie het Dinsdag ‘n donasie aan Childline gemaak. Hierdie donasie het verskeie items ingesluit, van potte en panne tot gordyne en klere. Childline meubileer en onderhou verskeie huise in Extension 11 waar pleegkinders versorg word. Hulle het onlangs vier nuwe huise gebou waarvoor die Skool dan nou skenkings gemaak het. Van hierdie items gaan ook aan behoeftige gesinne in die dorp.
  • Mej Carike Claassen het hierdie week haar eie weergawe van die “live below the line” inisiatief gehou. Sy het probeer om onder die armoedelyn van $1.50 per dag te eet. Lees meer daaroor op haar blog: Economics is everywhere.
  • By die seminaar het Duncan Clarke van Global Pacific and Partners gepraat oor ekonomiese groei in Afrika. Deesdae word daar baie geskryf oor Afrika se groei potensiaal en die geleenthede wat dit inhou vir beleggers. Daar is ook heelwat Suid-Afrikaanse maatskappye wat groot besigheid wil doen in Afrika. Duncan se aanbieding het die positiewe tekens vir Afrika in perspektief geplaas en hy waarsku dat mens versigtig moet wees vir enige ontleder wat praat oor “Afrika”.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s