Nuus uit die Skool 1

Getroue lesers jammer vir die stil week op die blog. Die week op kampus was glad nie so stil nie. ‘n Paar van die hoogtepunte sluit in:

Ekonome by UJ

Ekonome by UJ

  • Buitengewone Prof Gary van Vuuren was hier uit London. Gary hanteer die ECON623 Bankrisikobestuurmodule en bring vir die Honneursstudente in Risikobestuur die nuutste inligting en tegnieke uit London se City.
  • Die M-studente en studieleiers het ‘n terugvoersessie gehad oor die skryfskool en 3 M-studente van TRADE het hulle navorsingsvoorstelle gelewer. Johan Malan, Christo Maritz en Marli Kat was aan die woord.
  • ‘n Paar van die kollegas het die pad aangepak na UJ toe en Mnr Requier Wait het by hulle seminaarreeks ‘n aanbieding gedoen met die titel: “The structure of petroleum fiscal systems for the oil sector in Africa“. Die navorsing is deel van Requier se PhD studies.
  • Prof Raymond Parsons het ‘n nuwe video op die PBS se YouTube kanaal. Hy praat oor of Eskom die ligte gaan aanhou hierdie winter.
  • Prof Krugell is afgeboek, maar het nie die kans laat verby gaan om op PukFM se Studio Spektrum program te praat nie. Dit het gegaan oor die nuwe wetgewing oor lisensies vir besighede en hopelik kan ons nog die klankbaan hier koppel.
  • PPS ondersteun hierdie jaar weer die Honneursstudente en het Donderdag ‘n gasspreker (van Investec) en geborgde t-hemde vir die Honneursklas na die seminaar toe gebring. Ons hoop om nog ‘n paar foto’s van die geleentheid te deel. ‘n Besondere woord van dank solank aan JC Vorster van PPS.

One comment

  1. Dit was ‘n voorreg om die NWU – ekonome hier by ons te hê! Dankie vir die moeite en die baie goeie referaat!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s