Nuus uit die Skool 1

Vasbyt!

Vasbyt!

Gereëlde lesers van die blog sou agtergekom het dat dit die laaste tyd maar stil is. Junie-maand is eksamen op kampus en die uitwerk van deelnamepunte, vraestelle, memo’s en nasienwerk het sy tol geëis. Tussendeur was Proff Krugell en Kleynhans en Dr Grater met tye siek en afgeboek (Prof Kleynhans sterk nog aan by die huis). Dr Steenkamp en Mev Havenga se mans was met tye platgetrek en alles te saam het ons maar met ‘n “sceleton staff” gewerk. Prof Saayman was op haar beurt weer oorsee by konferensies in Italië en Portugal. Dr Bezuidenhout reis in Afrika saam met ‘n GIBS program en was al in Kenia en is op die oomblik in Nigerië.

Ons hoop om binnekort terug te keer na die gewone programskedule. Prof Krugell wil uitvaar oor koolstofbelasting en het ook iets op die hart oor armoede in Suid-Afrika. In die tweede semester gaan ons ook meer van die personeel se navorsing hier deel. Die Ekonomiese Vereniging van Suid-Afrika (EVSA) se tweejaarlikse konferensie is in Bloemfontein in September en SAIBW is hier op kampus en daar word ‘n hele paar referate gelewer. Bly dus ingeskakel.

Laaste het ons die bladsy vir die ATKV debat nou ontkoppel. Daar is ‘n nuwe onderwerp vir die finale rondtes van die kompetisie en ons wens die deelnemers alle sterkte toe. Dit was lekker om hulpbronne en raad te kon deel en ons hoop dat baie van die debatteerders nou sommer baie meer belangstel in ekonomiese aangeleenthede.

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s