Nuus uit die Skool Reply

Gereëlde lesers van ons blog sal weet dat ons aan die einde van verlede semester nuus uit die Skool gedeel het. Intussen het daar baie dinge gebeur en ons gee graag hier ‘n opsomming:

Honneursstudente by die Nedbank Graduate Showcase

Honneursstudente by die Nedbank Graduate Showcase

  • In ‘n afsonderlike berig het ons al vertel van Proff Saayman en Krugell se referate by die International Association of Tourism Economics se konferensie in Ljubjana, Slovenië.
  • Prof Riaan Rossouw en Henri Bezuidenhout het einde verlede semester IHS Global Inisight se African Economic Outlook konferensie in Santon bygewoon.
  • Prof Ewert Kleynhans het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se jaarlikse toekenningsfunksie in Pretoria bygewoon – Prof Philip Mohr (vroeër van Unisa) het die Stalsprys vir Ekonomie ontvang.
  • Dr Henri Bezuidenhout het deelgeneem aan die GIBS Business in Africa program en was as deel daarvan op besoeke aan Kenia en Nigerië.
  • Prof Andrea Saayman is verkies tot Economic Research Southern Africa (ERSA) se akademiese komittee.
  • Onder die TRADE vaandel het Proff Wilma Viviers en Riaan Rossouw ‘n aanbieding oor die DSM gedoen by Wesgro.
  • Ook aan die onderrigkant was daar opwinding: Prof Gary van Vuuren het verlede week weer vir die Risikobestuur studente honneursklasse aangebied.
  • ‘n Deel van die Honneursgroep was by die Nedbank Graduate Showcase bygewoon en Sandton se wêreld van “high finance” baie geniet.
  • Ander is weer saam met Prof Kleynhans na die SAIRR waar Dr Frans Cronje hulle meer vertel het van die insituut se politieke en ekonomiese vooruitskattings vir Suid-Afrika.
  • Laaste is Dr Henri Bezuidenhout hierdie semester met navorsingsverlof en Carike Claassen en Requier Wait met studieverlof. Ons verwelkom graag ‘n paar impakspelers in die span: Dr Flippie Cloete (saam met Ernst Idsardi) by ECON221 en Danielle le Clus en Clarissa van Tonder by ECON121.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s