Die tweede semester stoom voort en ons het die nuus bietjie laat ophoop vir ‘n goeie berig hierdie week.
- Prof Riaan Rossouw het op 5 en 6 Augustus ‘n ERSA Mikro-simulasie werkswinkel by UP bygewoon.
- Proff Saayman en Krugell het op 7 en 8 Augustus die jaarlikse metodes winterskool aangebied vir die Skool se M-studente.
- Verlede week het Mnr Requier Wait ‘n gaslesing aangebied by NMMU.
- Oor die afgelope week het die Skool die jaarlikse Togaweek aangebied:
- Mnr Peet Roos van die loopbaansentrum het ‘n aanbieding gedoen oor CVs en onderhoude.
- Me Rose Blatch van ITRISA het ‘n gaslesing aangebied by EKIP321
- Mnr Gert van Wyk van Senwes het ‘n gaslesing aangebied by EKRP321
- Prof Raymond Parsons het ‘n gaslesing aangebied by ECON322.
- Woensdag die 14de het die Skool 2012 se akademiese presteerders vereer met ‘n funksie by die daktuin.
- Donderdag 15 Augustus het Mnr Francois Groepe van die SA Reserwe Bank ‘n aanbieding oor Monetêre Beleid gedoen by die Skool se seminaar. Mnr Groepe is ‘n adjunk Goewerneur van die Bank en lid van die monetêre beleidskomitee.
Gisteraand was die bekendstelling van Prof Raymond Parsons se nuwe boek: Zumanomics Revisited hier op kampus. Proff Viviers en Krugell het hulp en bystand verleen en dit was vir ons lekker om deel te wees van die proses tot by die lekker funksie in die Gallery. As jy nuuskierig is oor #Zumanomics, lees ‘n Storify van Prof Krugell se tweets hier.
Pingback: The best of 2013 « Skool vir Ekonomie