Nuus uit die Skool 1

Die laaste week of twee was maar stil hier op die blog met die dosente wat besig gebly het met deelnamepunte en eksamen-nasiewerk.

Arrie Bijker en almal wat die SAM kursus aangebied het

Arrie Bijker (derde van links) en almal wat die SAM kursus bygewoon het

 

Daar is wel ‘n paar stukkies nuus om te rapporteer:

  • Prof Andrea Saayman het weer hierdie jaar ‘n week lank gaan klasgee by die Universiteit van Bologna in Rimini, Italië. Haar klasse daar gaan spesifiek oor haar navorsing in Toerisme-Ekonomie.
  • Dr Henri Bezuidenhout het ‘n gaslesing by die Maastricht School of Management gegee oor direkte buitelandse investering en die bevordering van investering. Daarna was hy op ‘n uitgebreide reis deur Duitsland.
  • Dr Bezuidenhout is juis hierdie week oppad VSA toe vir afsprake by die Wêreldbank en ‘n konferensie by die Universiteit van Colombia in New York.
  • Mnr Arrie Bijker (namens IHS Global Insight) het hierdie week ‘n 2-dag kursus aangebied oor Social Accounting Matrices en hoe hulle gebruik kan word vir impak-analise. ‘n Spesiale woord van dank aan Prof Riaan Rossouw wat die leiding geneem het met die reëlings en finansiering van die kursus.
  • Prof Ewert Kleynhans en Dr Andre Heymans was vroeër in Oktober betrokke by eksterne programevaluering by die Universiteit van Johannesburg.

One comment

  1. Pingback: The best of 2013 « Skool vir Ekonomie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s