Ekonomie hulpbronne vir Hoërskoolleerders

Die Skool vir Ekonomie aan die NWU-Pukke loods vandag ‘n nuwe inisiatief om Ekonomie hulpbronne beskikbaar te stel vir Hoërskoolleerders. Ons wil graag ons liefde vir die vakgebied deel met die volgende generasie ekonome. ‘n Nuwe deel van ons blog pas die graad 10, 11 en 12 leerplan by ekstra verduidelikings, interessante ekonomiese nuus en die nuutste navorsing in die veld.

back-to-schoolOm af te skop is daar meer inligting oor:

  • Graad 10: Ekonomie as wetenskap, die kringloop en AW Philips se MONIAC rekenaar, Uber se sg. “surge pricing”.
  • Graad 11: Die vergoeding van die produksiefaktore met SA data (maak jou eie tabelle en grafieke).
  • Graad 12: Die ekonomiese kringloop en nasionale rekeninge, met navorsing oor die vermenigvuldiger.

Ons hoop om deur die loop van die jaar nog baie hulpbronne by te voeg.

Het jy ‘n taak of projek en sukkel om inligting in die hande te kry? Registreer en los ‘n opmerking by jou graad se blad en ons gaan ‘n plan te maak.