Nuus uit die Skool Reply

So tussen die herfsreses, vakansiedae en toetsreeks om die draai is heelwat nuus uit die Skool:

  • SAM_1047_1Prof Ewert Kleynhans en Dr Henri Bezuidenhout was van 2-5 April by die 77ste International Atlantic Economic Society konferensie in Madrid, Spanje. Ewert het gepraat oor: Determinants of industrial competitiveness and the role of spillovers. Henri se referaat het gegaan oor: Chinese foreign direct investment in Africa: Something old, something new.
  • Dr Henri Bezuidenhout was ook die afgelope week by ‘n een-dag kursus by die Gordon Institute of Business (GIBS) oor “Strategies for winning in Africa”.
  • Mnr Requier Wait het ‘n gaslesing aangebied by NMMU.
  • Binne die Skool het TRADE ‘n colloquium gehou en 2014 se M-studente het kans gekry om hulle navorsingsvoorstelle aan te bied. Daar is interessante werk in die pyplyn oor klemverskuiwings in makro-beleid en ekonomiese groei, oor die goudmynbedryf, oor uitvoerders in kwesbare ekonomieë en die verspreiding van ekonomiese aktiwiteit in Suid-Afrika.
  • Prof Wilma Viviers van TRADE het sommer ons almal verteenwoordig by die vergadering van die raad van die Ekonomiese Vereniging van Suid-Afrika n Pretoria.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s