Sedert ons laaste berig met nuus uit die Skool is daar ‘n hele paar nuuswaardige om meer oor te skryf:
- Prof Saayman was by ‘n Toerisme-ekonomie konferensie in Tokyo, Japan en het selfs ‘n aardbewing beleef.
- Prof Blaauw het op OFM gepraat oor die staking in die platinummynbedryf. Luister na die podcast hier.
- Ons het Opedag gehou op kampus en voornemende studente meer vertel oor die studie-opsies. Kyk gerus na ons Opedagbladsy as jy meer daarvan wil weet.
- WorkWell het PhD colloquium gehou en Francois Liebenberg het sy navorsingsvoorstel gelewer oor bankkapitaalvereistes onder Basel III en die gebruik van “conditional convertible bonds” om dit te bestuur. Sy studieleier is Prof Gary van Vuuren.
- TRADE het M-colloquium gehou en daar was navorsingsvoorstelle oor die vraag na gekwalifiseerde arbeid in die hotelbedryf, uitvoergeleenthede vir die Wes-Kaap en die struikelblokke wat marktoegang bemoeilik.
- Die Risikobestuurdosente was by die African Finance Journal konferensie in Bloemfontein en hopelik het ons volgende week ‘n foto en ‘n storie daaroor.