Op aanvraag: Die vraagkant-ekonomie storie vir Suid-Afrika 1

Ons hulpbronne vir Ekonomie leerlinge en onderwysers skuif na ‘n nuwe blog: www.ekonomieblog.me

Maak seker jy verander jou boekmerk / favourites skakel en kry nou meer en beter hulpbronne vir jou skooltake.

=============================================================================

Na Louise se navraag oor die vraagkant-ekonomie het ons nog navrae gekry oor hoe dit alles in Suid-Afrika van toepassing is – spesifiek, kan die regering fiskale beleid gebruik om die ekonomie te stimuleer? Onthou, op 26 Februarie lewer die Minister van Finansies die begrotingsrede in die Parlement.

Die meer teoretiese verduidelik het weggespring met die aanname dat die ekonomie in resessie is en die vraag is watter maatreëls gebruik kan word om die ekonomie te stimuleer. Maar is die Suid-Afrikaanse ekonomie in resessie?

Die kort antwoord is nee, maar dit is so dat die ekonomie nie baie vinnig groei nie. In hierdie artikel in die Business Day voer Goolam Ballim van Standard Bank aan dat die ekonomie teen laer as die potensiële groeikoers groei. Hy verduidelik dat net na die finansiële krisis in 2010 en 2011 het die Suid-Afrikaanse ekonomie teen ‘n koers van 3.3% gegroei, maar die twee jaar daarna (2012-13) was die gemiddelde groeikoers 2.2%. Die Reserwebank se vooruitskatting vir 2014 is ‘n groeikoers van 2.8%. Goolam reken dat die ekonomie die potensiaal het om teen 3.5% te groei (voordat vinnige groei lei tot tekorte aan die aanbodkant en dit opwaartse druk plaas op pryse).

Dit lyk dus of daar ruimte (of selfs noodsaak) is om beleid te gebruik om die ekonomie te stimuleer.

In die eerste blog het ons verduidelik dat die vinnigste en maklikste manier om dit te doen is om rentekoerse te verminder. In Suid-Afrika het ons positiewe reële rentekoerse en monetêre beleid is dus beskikbaar as ‘n opsie (ons het dus nie die probleem om beleid te maak by die sogenaamde “zero-lower bound” nie). Maar daar is ‘n paar belangrike vrae om te vra:

  • Hoeveel speelruimte is daar?

Ongelukkig nie veel nie, want ons wil nie negatiewe reële rentekoerse hê nie (dit ontmoedig spare, wat klaar laag is in Suid-Afrika). Desembermaand se VPI inflasiekoers was 5.4%, die repo-koers is 5.5%, rentekoerse op vaste deposito’s wissel tussen so 5.5% en 7.5% en die prima-uitleenkoers is 9%. Dus sal net ‘n 1 of 2 persentasiepunte vermindering van die repo al opskuddings veroorsaak.

  • Wat sal die impak wees?

Met ander woorde, as die repo-koers 1 of 2 persentasiepunte laer is, met hoeveel gaan ekonomiese groei toeneem? Om dit te bepaal is redelik ingewikkelde modelle nodig en ‘n groot stel aannames. Die impak gaan bv. oor of huishoudings die laer uitleenkoerse gaan gebruik om meer op krediet te bestee, of die ruimte om asem te haal gaan gebruik om skuld te delg. As hulle meer bestee, gaan dit op duursame of verbruiksgoedere wees? Gaan dit plaaslik vervaardigde of ingevoerde goedere wees? Watter sektore gaan bevoordeel word en hoe lyk hulle indiensname-vermenigvuldigers? Soortgelyke vrae kan gevra word oor die reaksie van investering op laer koerse. In albei gevalle speel verwagtinge ook ‘n rol. Verbruikers weet die Reserwebank gebruik rentekoerse om inflasie in toom te hou. As koerse nou verlaag word op ‘n stadium wat die inflasiekoers naby is aan die bo-grens van die teikenband, kan verbruikers en investeerders dalk baie meer inflasie verwag. Onsekerheid kan beteken dat hulle eerder hulle ekstra geld spaar.

Monetêre beleid is al in die verlede baie suksesvol gebruik as ‘n teen-sikliese instrument. Kyk gerus na Stan du Plessis en sy mede-outeurs se akademiese analise. Maar dit lyk nie of dit op die oomblik die geskikte opsie is nie. Om die waarheid te sê het die SARB onlangs die teenoorgestelde gedoen en die repo-koers verhoog in reaksie op die verswakking van die rand en inflasie-druk. Goewerneur Marcus het dit duidelik gestel dat lae rentekoerse is nie oplossing vir lae ekonomiese groei in Suid-Afrika nie. Die hoof van navorsing, Rashad Cassim het aangevoer dat die verhoging net ‘n klein impak gaan hê op verbruiksbesteding, krediet en ekonomiese groei.

Dit bring ons dan by die gebruik van fiskale beleid om die ekonomie te stimuleer. Baie basies beteken dit dat die owerheid kan besteding verhoog of belasting verminder (of ‘n kombinasie van die twee). Die resultaat is ‘n groter begrotingstekort wat die totale vraag verhoog en op daardie manier ekonomiese groei dryf. Die tekort word met staatskuld gefinansier.

fiskale beleid en uitsetgapingDu Plessis et al. se analise wys dat teen-sikliese fiskale beleid nie in die verlede baie suksesvol was nie. Dit het baie te doen met die feit dat besteding- en belastingplanne net een keer per jaar in die begroting verander kan word. Daar kan nie vinnig gereageer word op ‘n ekonomiese afswaai nie. Besteding kan ook nie maklik uitgebrei of ingekrimp word nie – dit vat tyd om staatsamptenare in diens te neem om groot projekte te loods en dit is amper onmoontlik om staatsamptenare af te dank of groot projekte te stop! Die fiskale owerhede kan nie vinnig optree in reaksie op ‘n ekonomiese opswaai- of afswaai-fase nie. Vandag is die siening dat fiskale beleid kan gunstige omstandighede skep vir groei, maar dit kan nie die groei self genereer nie.

Maar gestel dat die tydsberekening is nou reg en die Minister wil graag ekonomiese groei aanvuur met sy begrotingsrede op die 26ste, het hy die speelruimte?

begrtingtekortexpenditureDie kort antwoord is weer nee. Fiskale beleid werk in ‘n 3-jaar rollende siklus en die Minister het verlede Oktober tydens die mini-begroting aangedui dat as gevolg van stadige ekonomiese groei is die owerheid se belasting-inkomste onder druk. Daar is nie veel ekstra geld om te bestee nie. Dit is dus ook nie moontlik om veel belastingverligting te gee sonder om ander besteding in te boet nie. Maar wat dan van skuldfinansiering? Verlede jaar is Suid-Afrika se kredietgradering afwaarts aangepas en die agentskappe het gesê dit is onder andere omdat hulle bekommerd is oor die volhoubaarheid van fiskale beleid (te veel besteding, veral verbruiksbesteding deur die owerheid). In reaksie het die Minister planne aangekondig om besteding op ‘n meer volhoubare basis te kry. Die grafieke wys dat die medium-termyn begrotingsraamwerk beplan vir afnames in besteding, nie toenames nie! Dit is veral die vergoeding van staatsamptenare en oordragbetalings van huishoudings wat moet afneem. Die beplanning is dat die begrtingstekort afneem en dit sal nie ekonomiese groei stimuleer nie.

So wat kan help om Suid-Afrika se ekonomie vinniger te laat groei (en werkloosheid verminder)? Gelukkig het die SARB se navorsingsafdeling verlede jaar ‘n mooi stuk navorsing hieroor uitgebring: Lees dit hier. Dit is egter nie korttermyn-oplossings vir die sikliese op en afswaai van die ekonomie nie. Die hefbome word gesien as:

  • Spare moet verhoog word.
  • Direkte buitelandse investering moet verhoog word.
  • Markte moet meer mededingend gemaak word en,
  • Die aanbod van hoogsgeskoolde arbeid moet toeneem.

Verskillende beleide en baie tyd is hiervoor nodig.

One comment

  1. Pingback: Get ready for the Budget 2014 « Skool vir Ekonomie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s