Ekonomiese kringloop en die nasionale rekeninge 6

Vol kringloop

Uit Mohr & Fourie se Ekonomie vir Suid-Afrikaanse studente

Ons hulpbronne vir Ekonomie leerlinge en onderwysers skuif na ‘n nuwe blog: www.ekonomieblog.me

Maak seker jy verander jou boekmerk / favourites skakel en kry nou meer en beter hulpbronne vir jou skooltake.

===============================================

Die ekonomiese kringloop stel die vloeie van produksiefaktore, goedere en dienste en geld in die ekonomie voor. Daar is inkomste en besteding. Daar is inspuitings en lekkasies uit die kringloop van geld en goedere.

Die verskillende elemente van die kringloop word gemeet in die nasionale rekeninge. Die Bruto Binnelandse Produk kan gemeet word in terme van die verskillende dele van die kringloop. Die totale waarde van alle finale goedere en dienste, wat binne die grense van die land geproduseer word in een jaar, kan bereken word as Y = C + I + G + X – Z. Die figuur uit Mohr en Fourie wys die elemente van die totale vraag op die kringloop:

  • Die verbruiksbesteding deur die huishoudings is C,
  • Investering deur die firma’s via die finansiële sektor is I,
  • Owerheidsbesteding is G,
  • Die buiteland se besteding op uitgevoerde produkte kom terug na die kringloop as X,
  • Ons besteding op ingevoerde goedere, vloei uit die kringloop as Z.

Die eenvoudige kringloop een is van produksie, inkomste en besteding: Huishoudings bied produksiefaktore aan, kry vergoeding en bestee dit weer op die goedere en dienste wat met die produksiefaktore gemaak is. Wanneer jy sektore byvoeg is daar inspuitings in die vloei van produksie-inkomste-besteding – dit word meer gemaak deur investering, owerheidbesteding en die verdienste vanaf uitvoer. Maar daar is oor lekkasies – dit word minder gemaak deur spare, belasting betaal en betaling vir invoer. Daar is dus drie belangrike gapings wat saam moet balanseer: I-S, G-T en X-Z. Om die nasionale inkomste te bepaal moet jy meer weet van die bypassende elemente van die vermenigvuldiger: die grensverbruiksgeneigdheid, die belastingkoers en die grensinvoergeneigdheid. Handboeke soos Mohr & Fourie gee ‘n mooi verduideliking van hoe die vermenigvuldiger bereken word en hoe dit gebruik kan word om te bepaal wat die impak van bv. ‘n toename in investering sal wees op die BBP.

In die praktyk is dit alles ‘n baie ingewikkelde storie. Die meting van die BBP is ‘n ingewikkelde proses met vele elemente. Statistiek Suid-Afrika bepaal verbruikers se inkomste en besteding in 5-jaarlikse opnames. Hulle doen ook opnames onder  ondernemings om investering te beraam. Die Tesourie het inligting oor owerheidsbesteding en die Inkomstediens monitor invoer en uitvoer. Daar is vraagstukke oor die pryse waarteen gemeet word – sluit mens belasting op produkte en subsidies van produkte in of nie? Om die syfers oor tyd te vergelyk moet reële waardes bepaal word wat die inflasiekoers verdiskonteer. Die volgende is ‘n voorbeeld van die Reserwebank die BBP rapporteer in hulle Kwartaalblad:

GDP kwartaalblad

Verbruik skuld inkomste

Uit Aaron & Muellbauer

Die berekening van die vermenigvuldiger is ook baie ingewikkeld. Die grensverbruiksgeneigdheid en die grensinvoergeneigdheid word tipies beraam met tydreeks-ekonometriese modelle. Die waardes gaan verskil oor tyd en hang van ‘n verskeidenheid faktore af.  Aaron en Muellbauer se navorsing wys bevoorbeeld hoe huishoudings se verbruiksbesteding relatief tot inkomste oor tyd toegeneem het. Dit is deur ‘n verskeidenheid faktore gedryf. Die belangrike implikasie is dus ‘n hoë grensverbruiksgeneigdheid.

Vermenigvuldiger

Uit Jooste et al.

Uit ‘n sogenaamde DSGE (Dynamic Stochastic General Equilibrium) model beraam Jooste et al. uiteenlopende waardes vir die vermenigvuldiger oor tyd.

Die belangrike ding om te verstaan is dat hierdie waardes belangrike gevolge inhou vir die owerheid se beleid: Gestel die owerheid besluit om die totale vraag te stimuleer. Hulle gee vir individue belastingverligting met die idee dat hulle daardie geld gaan bestee en dan gaan ondernemings meer produseer. Maar as die grensverbruiksgeneigdheid laag is gaan mense eerder ‘n groot deel van daardie ekstra geld wat hulle kry, weer spaar. Dan gaan die totale vraag en eindelik produksie, nie veel toeneem nie. Op ‘n soortgelyke manier kan die simulering van die totale vraag ook platval as die ekonomie ‘m hoë invoergeneigheid het – die owerheid kan baie investeer in infrastruktuur, maar as ‘n groot deel daarvan op ingevoerde goedere is, gaan dit nie veel doen om die plaaslike ekonomie te stimuleer nie.

6 comments

  1. Dankie vir akademiese bronne. Ek is `n onderwyser en wil graag internetbronne beskikbaar stel vir my leerders. Sal beslis hierdie blad aanbeveel.

  2. hI Waldo ek het nou omtrent gesoek na iets oor wisselkoerse en die invloed daarvan op ondernemings. kry maar min daarvan in afrikaans…is ‘n deeltydse gr `12 leerder en het ‘n opdrag wat handel oor die vergelyking van geldeenhede en hoe die wisselkoers alles beinvloed. moet grafiek voorbeelde gee…dankie geniet julle hulp

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s