Ekonomiese kringloop Reply

kringloopOns hulpbronne vir Ekonomie leerlinge en onderwysers skuif na ‘n nuwe blog: www.ekonomieblog.me

Maak seker jy verander jou boekmerk / favourites skakel en kry nou meer en beter hulpbronne vir jou skooltake.

==============================================

Die kringloop van ekonomiese aktiwiteite is een van die belangrike begrippe in Ekonomie. Dit word op baie verskillende maniere voorgestel. Dit kan net die huishoudings en ondernemings voorstel, of die owerheid, finansiële sektor en buiteland kan bygewerk word. Dit maak nie saak hoeveel besonderhede gegee word nie, die basiese idee is dat dit vloei van produksiefaktore, goedere en geld in die ekonomie voorstel. Produksiefaktore word van die huishoudings na die ondernemings oorgedra en goedere en dienste van die ondernemings na die huishoudings. Betalings vir produksiefaktore en betalings vir goedere en dienste vloei in die teenoorgestelde rigting. Die kringloop is onderliggend aan ‘n paar belangrike idees, byvoorbeeld:

  • In ‘n geslote ekonomie is die waarde van produksie = inkomste = besteding.
  • Die inspuitings in die geld-goedere kringloop is: investering (I) owerheidsbesteding (G) en uitvoer (X).
  • Die lekkasies uit die geld-goedere kringloop is: spare (S), belasting (T) en invoer (Z).
  • In ‘n oop ekonomie is daar dus drie gapings wat in balans moet wees(I-S), (G-T) en (X-Z).

Net vir die interessantheid:

Die ekonoom William (Bill) Philips het in 1949 ‘n masjien gebou wat die ekonomiese kringloop voorstel en die vloei van geld met gekleurde water wys. Dit staan bekend as die MONIAC (Monetary National Income Analogue Computer). Jy kan meer daaroor lees in Wikipedia en NZIER het ook ‘n goeie storie oor Philips en die “rekenaar”. Hier is ook ‘n YouTube video wat die masjien in aksie wys.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s