Opedag 2016 Reply

Op Saterdag 7 Mei is die NWU-Pukkampus oop en jy het die kans om meer te kom leer oor studierigtings en studentelewe.

 

As jy belangstel in ‘n BCom graad, maak ‘n draai by die Skool vir Ekonomie. Ons gee jou die kans om te spesialiseer in:

  • Internasionale handel
  • Risikobestuur
  • Landbou-ekonomie
  • Ekonomie met Regte
  • Ekonomie met Informatika

Meer inligting oor ons programme:

Die Skool bied grade aan in Ekonomie met die opsie van verskillende spesialisasie rigtings. Die tradisionele Ekonomie modules sluit Makro- en Mikro-ekonomie in, Fiskale en Monetêre beleid, Ontwikkelingsekonomie en Ekonometrie. Daarmeer saam kan ‘n student in ‘n verskeidenheid van rigtings spesialiseer:

  • Ekonomie met Internasionale Handel: dit sluit modules in soos Internasionale Handelsbetrekkinge, Betaling en finansiering van internasionale transaksies, Handelsgeografie en Handelskommunikasie.
  • Ekonomie met Risikobestuur: dit is spesifiek finansiële risikobestuur en omvat die inleiding tot Risikobestuur, Beleggingsbestuur, Bankrisikobestuur en Afgeleide Instrumente.
  • Landbou-ekonomie: dit kombineer Ekonomie en Risikobestuur met Landbou-ekonomie modules soos plaasrekordhouding en -finansies, plaasboekhouding en -bestuur, landbou-besigheidsbestuur, Landbou-produksie-ekonomie en natuurlike hulpbronne en omgewingsekonomie.

As jy meer hieroor wil uitvind… kom maak ‘n draai by ons inligtingsessies, of laai ons Opedagblaadjie af: Opedagkoerant 2016.

Kliek die kaart en kry ons gebou E5

Kliek die kaart en kry ons gebou E5

Ons is in gebou E5, lokaal K02. Ons het inligtingsessies elke uur, op die uur vanaf 9:00.

Kyk op die kampuskaart – die kortste pad na meer inligting oor ‘n BCom is via die Malherbe straat-ingang.

Meer hulpbronne:

Bly op hoogte en gee die Skool ‘n “like” op Facebook.

Watter kry ons alumni werk? Kyk gerus na ons LinkedIn groep.

banner wall proef

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s