Opedag 2013 Reply

Saterdag 4 Mei hou ons Opedag op die NWU se Potchestroomkampus.

Opedag poster 1

Die belangrike deel van die dag is die geleentheid om by Fakulteite en spesifieke Skole ‘n draai te maak en meer te hoor van die verskillende studierigtings. Die Skool vir Ekonomie is opgewonde oor ons deel van die program. As jy belangstel in ‘n BCom graad kom maak ‘n draai by een van ons aanbiedings. Ons gaan in die Ekonomiese Wetenskappe-gebou (E3) wees, lokaal G20. Ons maak vanaf 9uur, op die uur ‘n aanbieding, so daar is kans om na ‘n paar Skole se aanbiedings te gaan luister.

Ons grade het Ekonomie as basis en bied die geleentheid om te spesialiseer in Internasional Handel or Risikobestuur. Dit gaan onderandere oor:

  • Internasionale Handel: Hoe om ‘n uitvoertransaksie te doen, wisselkoerse, vervoer en logistiek, uitvoer-administrasie, invoerprosesse, metodes van betaling, risiko’s, kredietversekering, internasionale kommunikasie, beleid, die WHO.
  • Risikobestuur: Beleggings, verhandeling, aandele, staatskuld, opsies, futures, King se verslae, Basel III, fundamentele analise, tegniese analise, Bankrisiko, rentekoerse, wisselkoerse, die JSE, SAFEX, likiditeit, operasionele risiko.

As enige iets hiervan interessant klink, kyk na ons infografieka of die jaarboek vir meer inligting en maak ‘n draai by ons aanbiedings om met die dosente te gesels.

Opedag 2012 1

More is Opedag op die NWU-Pukke kampus en ons blog is vol nuttige inligting. Volg gerus ons skakels vir meer oor die program, die lokaal waar ons aanbiedings gaan hou, watter BCom opsies daar is, hoekom Skool vir Ekonomie the greatest is…

Ons aanbieding is in Prezi formaat en om een of ander rede wil dit nou nie hier “embed” nie. Maar ons kan dit darem deel met ‘n goeie ou skakel: Kliek hier vir ‘n zoom-aanbieding vir Opedag 2012.

Sien jou more op die NWU-Pukke kampus!